
Kontak my gedurende
kantoorure by 012 481 3676
Ontmoet Marianne Breytenbach.
Ek is Marianne Breytenbach. Dit is my werk om aandagtig na jou te luister. Dit is my werk om jou toepaslike vrae te vra. Om jou gemaklik en ontspanne te laat voel wanneer jy vertel, is ook my werk. Ek werk deur jou te help soek na oplossings. Ek help jou die oplossing vind wat vir jou werk. Ek is ‘n berader.
Berading is om ‘n opgeleide persoon in jou vertroue te neem, en in ‘n omgewing waar jy emosioneel veilig is, openhartig en vrymoedig te vertel van die storms, die leegtes, en die vrae in jou binneste. Met toepaslike en individuele vrae lei die berader jou na ontlonting van, en begrip vir, wat jy diep binne beleef, sonder dat die berader enigiets wat jy gesê het, aan ‘n ander oorvertel.
Kom praat met my.
Ons praat openhartig, vrymoedig, veilig